Assisted Living For The Elderly
60 min from Somerset West & 90 min from Cape Town
Occupational Therapy
Dementia Care
Physical Therapy
Alzheimer's Care
About Us
Welcome to a Place You’ll Love to Call Home

Assisted Living on Your Terms
Once you have seen our homes, we think that you will appreciate the difference that a nurturing, home-like environment can make for your health, peace of mind, and quality of life.
Mattanja – ‘n nuwe tuiste vir ons bejaardes
Aleyda Brandt gooi die voordeur wawyd oop toe Gansbaai Courant by Mattanja, die nuwe versorgingsfasiliteit in die dorp gaan inloer het.
Die gesellige woonhuis is geleë in De Wetstraat en bied ‘n huislike atmosfeer met ruim, sonnige kamers vir mense wat daagliks bystand nodig het.
Aleyda, die bestuurder en ook ‘n geregistreerde verpleegkundige staan vanaf 1 Augustus aan die stuur van sake by die versorgingstuiste.
Sy vertel dat daar ook aan mense met fisiese of psigiese probleme verblyf verskaf word. Die omgewing is rustig en terapeuties, maar ook goed toegerus met sit- en kuierplek buite die slaapkamers. Die binnehof bied ‘n kuierplek in die vrolike tuin, maar verseker ook inwoners se veiligheid.
Mattanja bied 24 uur verpleegsorg deur opgeleide, toegewyde verpleegsters wat nie alleen gemoedsrus aan inwoners bied nie, maar ook aan familielede wat nie elke dag daar kan wees vir hulle geliefdes nie.
‘n Geregistreerde verpleegkundige sal daagliks aan diens wees en die fasiliteit bied ook 24 uur verpleegbystand indien dit nodig sou wees.
Inwoners kan verseker wees van drie smaaklike maaltye elke dag. Hulle wasgoed word ook op die perseel versorg.
Aleyda nooi belangstellendes om Mattanja te besigtig en hulself te vergewis van die huislikheid, gepaardgaande met uiters billike tariewe.

Home-Like Atmosphere
On-Site Staff
Trusted Professionals
Respite Care
Get In Touch
At Mattanja we take pride in our customer service and satisfaction. Please use any of our easily available methods to reach out to us.